Greenwich-meridiaan

Die nulmeridiaan word op die Greenwich-observatorium aangedui.
Ligging van die Greenwich-meridiaan.

Die Greenwich-meridiaan is die 0°-lengtelyn of nulmeridiaan. Dit is die hoofmeridiaan en loop regdeur die Koninklike Observatorium in die distrik Greenwich in Londen, in die Verenigde Koninkryk.

Dié hoofmeridiaan is die onsigbare lyn wat van noord na suid oor die aarde loop en die wêreld in die Oostelike Halfrond en die Westelike Halfrond verdeel. Dit loop deur die Airy Transit Circle, ’n negentiende eeuse teleskopiese instrument in die Koninklike Observatorium, maar dit is interessant dat wetenskaplikes onlangs die “werklike” nulmeridiaan akkurater bepaal het deur middel van betroubare satelliete wat om die aarde draai. Dit is in werklikheid 104 meter oos van die aanvanklike nulmeridiaan.

Greenwich was eers ’n koninklike park en paleis op ’n koppie suid van die Teemsrivier oos van Londen. Toe die groot wedloop sowat 1675 begin het om akkurate kaarte vir navigators saam te stel, het koning Charles II die betrokke grond beskikbaar gestel vir Brittanje se eerste nasionale sterrewag. Die argitek Christopher Wren het daarna die opdrag gekry om ’n toepaslike gebou te ontwerp.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search